Wednesday 18 April 2012

Lewenslesse

Lewensles 1:
Wie nie waag nie, kan nie wen nie!
Glo altyd in jouself en staan daarvoor "al staan jy alleen"
"Selfvertroue" is die beste geskenk wat jy jouself kan gee
Jyself is in staat om enige iets te kan doen!
 
Lewensles 2:
Drie dinge wat jy nie met kos doen nie: 
Moenie Kos Mors nie!
Moenie met Kos Speel nie!
Moenie aan Kos Ruik nie!

Lewensles 3: 
Hou jou kop altyd omhoog
Moet nooit verlee wees oor ander mense
Jy hoef nie in ander mense se skaduwee te lewe nie

Lewensles 4:
Wees altyd jouself en moenie voorgee wie jy nie is nie
Wanneer mense nie van jou hou nie, is dit hulle saak.
Wat ander mense van jou dink, het niks met jou te doen nie.


Lewensles 5:
Wees altyd eerlik
As jy kan lieg, kan jy steel ook.


Lewensles 6:
As jy kan lees, kan jy ver kom in die lewe

No comments:

Post a Comment